Caribbea Bay Resort

CARIBBEA BAY – DIE RIVIERA VAN AFRIKA

Luukse hotel en oord by Kariba in Zimbabwe


GPS 16 31 992 S 028 47 755 E
425 Impala Drive, Kariba, Zimbabwe
TUISBLAD PRYS EN BESPREKINGS ZIMBABWE AKKOMMODASIE ANDER KARIBA HOTELLE ENGLISH STUUR EPOS
Caribbea Bay Kariba Zimbabwe
BESPREEK AANLYN EN BESPAAR 5%
 

As jy voel asof jy pas in die Mediterrene aangekom het wanneer jy by Caribbea Bay aanland, sal niemand jou kan blameer nie. Die Sardiniese argitektuur van Caribbea Bay in Zimbabwe, tesame met die golfies wat saggies op die oewers van die Kariba-meer breek, laat jou voel asof jy in ‘n klein vissersdorpie op die Mediterreense kus – beslis nie ‘n oord aan die grootste mensgemaakte watermassa in Suidelike Afrika nie!

Caribbea Bay in Zimbabwe akkommodeer hul gaste in 83 kamers van wisselende grootte. Daar is ruim suites ideaal vir groter gesinne, kleiner Casita’s (met ‘n stapelbed vir die kinders en ‘n dubbelbed of twee enkelbeddens vir die grootmense) en ook “executive” kamers. Die meeste van die kamers by Caribbea Bay het balkonne. Die kamers van Caribbea Bay is in warm Mediterreense kleure geverf, terwyl die interieur die Karibbiese Eilande weerspieël. Alle kamers is lugverkoel, en-suite, en toegerus met plafonwaaiers, lessenaars, haardroër, telefoon, digitale satelliet-TV, veilige berghouer, asook tee/koffie-stasie.

Jy sal beslis nie honger ly terwyl jy by Caribbea Bay kuier nie. Daar is etlike restaurant wat na die gastronomiese behoeftes van gaste omsien. Een so ‘n restaurant is langs die swembad en bedien ligte maaltye en versnaperinge gedurende die dag. Die Terrace Patio by die Caribbea Bay bedien drie a la carte maaltye per dag. Onthou om hulle beroemde “Kariba Bream” te beproef! Die Casino Bar, Jacana Bar, Round Bar en Service Bar voorsien vloeibare verversings by Caribbea Bay. Die Casino Bar is in die casino op die onderste verdieping, terwyl die Jacana Bar op die Kariba-meer uitkyk. Die Round Bar is in die swembadgebied. Die Service Bar maak deel van die Terrace Patio Restaurant uit, en is net die plek waar jy ‘n skemerkelkie voor aandete of ‘n slaapdoppie kan geniet. Waag jou kanse by die Black Jack en Roulette-tafel by Caribbea Bay se casino as die son eers onder gegaan het, of dalk is jy gelukkig by die slotmasjiene!

Ander fasiliteite by Caribbea Bay sluit ‘n snuisterywinkel, motorverhuring, baba-oppasdienste, 24-uur kamerdiens, wasgoeddiens, pieknieketes vir daglange uitstappies, asook inligting oor toeriste-aantreklikhede in die gebied, in.

Caribbea Bay in Zimbabwe bied ‘n hele reeks watersporte aan, insluitend water-ski, kanoroei en selfs waterpolo aan. Kinderbesoekers aan Caribbea Bay in Zimbabwe word besig gehou met twee swembaddens, ‘n buitemuurse speelgebied, Supatube Waterglybaan en klimplek. Tennisbane is binne bereik. Indien wildbesigtiging jou passie is, sal die personeel van Caribbea Bay in Zimbabwe wildbesigtigingsritte na die nabygeleë Kariba Matusadona Nasionale Park reël.

Die dorpie Kariba, net ‘n kort entjie van die Caribbea Bay, bied die geleentheid om meer oor die kultuur van die Tonga te leer. Daar is ook ‘n krokodilplaas waar gaste van Caribbea Bay hierdie creature uit die oertyd (veilig) en van naby kan beskou. Dis die moeite werd om die wal van die Kariba-dam te gaan beskou. Wanneer jy op die uitkykplatform staan, kry jy ‘n goeie gevoel vir die reuse omvang van hierdie dam naby Caribbea Bay in Zimbabwe.

Terwyl jy by Caribbea Bay in Zimbabwe tuisgaan, moet jy ‘n bootrit met sonsondergang op die Kariba-meer meemaak. Beleef die spesiale atmosfeer aan die einde van die dag, terwyl die bloedrooi son in die weste sak. Wees op die uitkyk vir die beroemde groen flitse net voor die son sak – dis uniek aan die sonsondergang op die Kariba.

Caribbea Bay bied ook konferensiefasiliteite, wat een groot saal en twee kleiner ruimtes insluit. Spyseniering word in die aangrensende kombuis gedoen en alle konferensiefasiliteite by Caribbea Bay is ten volle lugverkoel. Blaaiborde, projektors, TV, VCR/DVD, witborde en boodskapborde is standaardtoerusting by Caribbea Bay in Zimbabwe. Indien jy enige ander toerusting benodig, sal die personeel by Caribbea Bay hul bes doen om jou by te staan.

Caribbea Bay
View from Caribbea Bay Kariba
Caribbea Bay resort Kariba
Pool at Karibia Bay Resort
Bar at Caribbea Bay
Bedroom Caribbea Bay kariba
Bathroom Caribbea Bay resort Bedroom Caribbea Bay
ANDER ZIMBABWE HOTELLE

Caribbea Bay is trots om met ander hotelle in ons groep te assosieer. In Victoria Falls is Kingdom Hotel die nuutse in die groep. Hy lê binne loopafstand van die waterval.f. In Hwange National Park is die Hwange Safari Lodge een van die mooistes. As jy verkies safari styl verblyf kan jy by Sikumi Tree Lodge bly. Hulle bied wildkyk ritte in die park

BOTSWANA LODGES EN SAFARIS

Miskien besluit jy om 'n Botswanatoer in te sluit in jou Kariba vakansie. Van Kariba kan 'n mens deur die Plumtree grenspos gaan en oornag in Francistown. Die Thapama Hotel in besigheidssentrum van Francistown is dalk die oplossing vir jou.

Dit kan ook wees dat jy besluit om die Okavango Delta te besoek na jou kuier in Kariba. As jy lief is vir visvang is Drotsky's Cabins en Xaro 'n baie goeie keuse. Drosky Cabins is in die noorde van die Okavango Delta, terwyl Rileys Hotel is op die wal van die Thamalakanerivier in Maun op die suidelike punt van die delta. 

NAMIBIA AKKOMMODASIE

Al grens Namibie aan 'n puntjie van Zimbabwe is die grootste deel van die land 'n dag of twee se ry van Kariba. As jy beplan om Namibie and Kariba saam in een toer te besoek is twee aande by Etosha Lodge naby die Etosha Nationale Park 'n goeie keuse. Hulle akkommodasie is net so goed soos die van Caribbea Bay. Van daar kan jy Alte Brucke in Swakopmund binne 'n dag bereik. As jy regtig iets van die woestyn wil ervaar kan jy na Swakopmund ry in die rigting van Sossusvlei Lodge by Sesriem waar die wereld se hoogste duine gevind kan word. As jy dan die beroemde "Quivertree Forest" of Kokerboomwoud wil sien kan jy in die selfsorgeenhede by Quivertree Forest Rest Camp bly naby Keetmanshoop.